
Daar Is Altyd Hoop
Ek is nie een wat vinnig hoop verloor nie. Ek hou gewoonlik aan om te probeer. Ek dink ek is meer iemand wat onrealistiese doelwitte vir myself stel. Want om aan te hou probeer en nie daar uit te kom nie, is ek nou al ’n kenner in. Ek het nog altyd die woorde van die liedjie I’m Getting Ready deur Tasha Cobbs geglo, en ek sou gereeld daardie liedjie ’n tweede of selfs derde keer speel wanneer dit die volgende liedjie was om in my kar te speel. Maar onlangs het dit weer begin speel en my eerste instink was om te dink: Watter nonsens is dit nie, en dit oor te slaan. En dit was toe dat ek besef het dat ek iewers langs die pad hoop verloor het. Hoop om ooit ’n vinniger of beter hardloper te word. Hoop dat ek dalk eendag vinnig genoeg sal wees om vir Comrades te kwalifiseer. ...








