
Donderdag, 10 November 2022
Vanoggend se oefening was ’n uur-lange draf - gemaklike pas, niks vreemds of nuut nie. Ek bekommer dat ons nou weer begin met oefensessies van ’n uur of meer in die middel van die week. Dit blý maar iets wat vir my moeilik is om in te pas. Maar dis óók nou weer waar die verbintenis lê. Nè? As alles net die hele tyd maklik was om in te pas en te doen, hoe gaan ek groei? ...








