
Riglyne Rondom Gesond Eet #8
Vitamien A is ’n vet-oplosbare vitamien waarvan ekstra in die liggaam gestoor word. Meeste mense reken vitamien A is net daar vir oog gesondheid, maar vitamien A speel ook ’n rol in sel groei, fetus ontwikkeling, reproduksie, ondersteun die immuunstelsel en vel en haar gesondheid. Vitamien A kom natuurlik as retinol in ’n verskeidenheid van voedsel soos suiwel, lewer en vis voor. Baie groente en vrugte bevat karotenoïede, wat ook ’n vorm van vitamien A is. Dis gewoonlik die oranje groente en vrugte asook die donker blaargroente. ’n Dieet hoog in karotenoïede word geassosieer met ’n laer risiko vir siektes soos diabetes, long kanker en hart siektes. ...








