
Gister was nie 'n lekker dag nie
Toe my oudste gister in die kar klim na skool, toe deel hy my mee dat hy gisteraand by ’n skool funksie móét uithelp met die klank — móét nogal. “Maar jy het swem oefening op Dinsdagaande!” roep ek uit, “Jy kan nie uithelp vanaand nie.” “Maar ek móét daar uithelp,” antwoord hy geïrriteerd terug, “Ek het reeds gesê ek sal.” Ek is ’n ma van vier bedrywige kinders. Ek werk spesiaal halfdag, en word gevolglik vir ’n halfdag betaal (dis nie asof ek niks opoffer nie), sodat ek hulle by al hulle naskoolse aktiwiteite kan uitkry. Baie dae is besonderlik uitdagend en jaag ek myself werklik kapoet agter hulle aan. ...
