337395367_161387386821694_352022808423153343_n

Rapport - 26 Maart 2023

Wat ’n groot voorreg is hierdie nie. By die vulstasie vanoggend het ek eers vir die kassiere gewys ek is op die voorblad. Ek het ook ’n ekstra koerant gekoop om vir Graham te neem by die klub. Dankie Rapport en Hanlie Retief. Skakel na die artikel: https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/profiele/kyk-hanlie-ma-verloor-80-kg-en-hardloop-n-marathon-20230326

26 Maart 2023 · 1 min · 48 woorde · Mart-Mari
Riglyne Rondom Gesond Eet 21

Riglyne Rondom Gesond Eet #21

Die ander helfte van gewone tafelsout (NaCl) is Chloried. Chloried is net so belangrik as wat Natrium is en help om die hoeveelheid vloeistof asook die tipe nutriënte wat deur selle opgeneem word te reguleer. ’n Belangrike deel van maagsuur (HCl) is Chloried, en só is Chloried dan ook nodig vir die afskeiding van maagsuur en die handhawing van suurvlakke. Ander funksies van Chloried sluit in: Werk saam met Natrium om die liggaam se elektroliet balans te handhaaf Fasiliteer die vloei van suurstof en koolstofdioksied binne selle Stimuleer die funksionering van senuwee- en spierselle Is nodig vir gesonde vel en hare Ondersteun die immuunstelsel Omdat Chloried gewoonlik saam met Natrium geabsorbeer word is die twee se vlakke meestal natuurlik in balans. Net soos in die geval van Natrium is te veel Chloried ook nie gewens nie. ...

20 Maart 2023 · 1 min · 196 woorde · Mart-Mari
Hoe om emosionele eet aan te spreek

Hoe om emosionele eet aan te spreek

Identifiseer die emosies wat jou dryf om te eet. Hou ’n joernaal en kyk of jy moontlike patrone kan raaksien. Sodra jy weet wat jou snellers is kan jy beplan om daarom te werk In plaas daarvan om jouself tot kos te wend, kyk of jy iets anders kan inspan - soos oefening of meditasie. Wees bewus van wat jy in jou mond sit. Eet stadig en met aandag - moet byvoorbeeld nie voor ’n TV eet óf in gedagte weglê nie. ...

18 Maart 2023 · 1 min · 182 woorde · Mart-Mari
Vrymoedig

Vrymoedig

Ek dink enige een wat sou loer waarvoor ek op Google soek gaan maar baie teleurgesteld wees: dis maar meestal ‘ xxx in Afrikaans’ óf ‘ xxx in English’. Een van my soektogte hierdie week was na ‘vrymoedig in English’, want die woord ‘vrymoedig’, van alle woorde, het by my vasgehaak en prut sedertdien nog al die pad in my kop. Wat bedoel ons nou eintlik wanneer ons van vrymoedigheid praat? Die vryheid om moedig (óf dapper óf braaf) te wees – dis eintlik vreeslik mooi gestel en maak my opnuut weer verlief op Afrikaans, want die Engelse vertaling skiet hier baie te kort. ...

17 Maart 2023 · 3 min · 427 woorde · Mart-Mari
Magspel

Magspel

deur Mart-Mari Breedt Nota: Ek het laasjaar hierdie stukkie erotiese fiksie geskryf en ek wik en weeg nou al baie lank of ek dit op my blog moet deel of nie. Ek skryf nie eintlik fiksie nie, maar ek wou probeer. Ek wou ook iets eroties skryf wat nie “te” is nie - romanties, maar sexy genoeg om die hart so bietjie vinniger te laat klop. Indien erotika jou glad nie aanstaan nie, moet asb nie die stuk lees nie. Dis verseker nie almal se koppie tee nie. Hou verby as jy ongemaklik daarmee voel. ...

13 Maart 2023 · 5 min · 882 woorde · Mart-Mari
Riglyne Rondom Gesond Eet 20

Riglyne Rondom Gesond Eet #20

Kalium is dalk beter bekend onder sy Engelse naam, Potassium, en is ’n mineraal wat die liggaam nodig het om gesond te bly. Kalium word ook soms as ’n elektroliet beskryf omdat dit ’n klein elektriese lading dra wat nodig is vir sel en senuwee funksie. Kalium kan help met die regulering van bloeddruk veral deur die negatiewe effek van Natrium teen te werk. Behalwe vir die regulering van bloeddruk kan Kalium ook help om ’n hoër been mineraal digtheid te handhaaf en nierstene wat gevorm word a.g.v. te veel Kalsium te voorkom. ...

15 Februarie 2023 · 2 min · 265 woorde · Mart-Mari
Riglyne Rondom Gesond Eet 19

Riglyne Rondom Gesond Eet #19

Natrium is ’n sagte hoogsreaktiewe alkaliese silwer-wit metaal. Natrium kom algemeen voor as Natriumchloried; beter bekend as gewone tafelsout. Die mens se liggaam het maar ’n klein hoeveelheid Natrium nodig, so min as 500mg daagliks, en gebruik Natrium om senuwee impulse deur die liggaam te vervoer, om spiere te laat saamtrek en te laat ontspan asook om die water en minerale balans te handhaaf. Te min Natrium kan mens moeg, afgemat, rusteloos en geïrriteerd laat voel. Krampe en spierspasmas is gewoonlik ook die gevolg. Na afloop van my marathon laasjaar kon ek letterlik die sout kristalle op my klere en skoene afvee en bymekaarmaak. Dis nou al baie maande later en ek sukkel nog steeds om my sout balans weer reg te kry. ...

31 Januarie 2023 · 2 min · 250 woorde · Mart-Mari
Riglyne Rondom Gesond Eet 18

Riglyne Rondom Gesond Eet #18

Toe ek bietjie oor Fosfor gesels het nou-die-dag, het ek genoem dat Fosfor tweede volopste in die liggaam voorkom. Naas Fosfor is Swael die derde volopste. Swael is oral om ons in die lug en vernaam in die grond waarin ons kos groei – dít maak Swael deel van ’n groot verskeidenheid van voedsel. Ons liggame gebruik Swael vir vele funksies insluitend die bou en herstel van DNA en om ons selle te beskerm deur die rol wat dit speel in die vervaardiging van askorbaat – ’n kragtige antioksidant. ...

10 Januarie 2023 · 2 min · 232 woorde · Mart-Mari
Riglyne Rondom Gesond Eet 17

Riglyne Rondom Gesond Eet #17

Naas Kalsium is Fosfor die mineraal wat die volopste in die liggaam voorkom. 85% van die liggaam se Fosfor word in die bene en tande gestoor. ’n Tekort aan Fosfor, bekend as Hypophosphatemia, is raar vernaam omdat die vlakke van Fosfor in die liggaam deur die niere, bene en ingewande gereguleer word – bv deur dat minder Fosfor urine toe gaan wanneer die vlak sou daal. Die oorsaak van ’n Fosfor tekort is dus altyd gekoppel aan ’n onderliggende probleem. ...

09 Januarie 2023 · 2 min · 238 woorde · Mart-Mari
Hoe ontlont mens self-liefde

Hoe ontlont mens self-liefde?

Mense word met self-liefde gebore. Kinders (babatjies) is outomaties lief vir hulleself. Jy kan dit sien in hoe hulle vir hulleself in ’n spieël sou kyk en lag. Wanneer hulle loop, dans of speel dan word dit met oorgawe gedoen - sonder om te bekommer wat ander mense van hulle dink. Selfs wanneer hulle praat is dit reguit en presies wat hulle wil sê. Kinders het nie ’n bekommernis van ’n dag oud oor wat ander van hulle dink nie; hulle dink hulle is oulik en die beste en dit wys in hulle optrede. ...

06 Januarie 2023 · 3 min · 509 woorde · Mart-Mari