108_TLPhoto20250530

Bevraagteken Alles

Baie jare gelede, toe ek my leerlinglisensie geskryf het, het dinge anders gewerk as vandag: jy het eers die toets geskryf, en daarna die oogtoets gedoen. Ek onthou hoe ek gaan sit het vir die oogtoets, verlig dat ek geslaag het, toe die toetsbeampte my met ’n ernstigheid aankyk wat ek glad nie verwag het nie. “Ek is jammer… Ek kan nie jou lisensie vir jou gee nie.” Ek kon die knop op my maag voel. “Hoekom nie?” ...

02 Desember 2025 · 3 min · 613 woorde · Mart-Mari
122_TLPhoto20250530_narrow

Genade is ’n Krag

Die afgelope week was ons weer glad nie wonderlik nie. Dinsdag is ek behoorlik deurweek tydens ons baansessie, en daarna moes ek reguit huis toe haas — geen koffie, geen bietjie kuier nie; net nat skoene en daardie stille frustrasie wat jy voel wanneer ’n dag te vinnig begin. Toe dit Sondagoggend tyd raak vir my lang hardloop, het dit weer gesous. En vir eens, in plaas daarvan om myself by die deur uit te druk, het ek besef ek hét eintlik die ruimte om te wag. So ek besluit toe om nog ’n koffie te maak, bietjie aan die toesprake vir volgende jaar te werk waarmee ek besig is, die weer later weer te dophou, en van die huis af te hardloop as die dag dit toelaat. ...

18 November 2025 · 3 min · 524 woorde · Mart-Mari
104_TLPhoto20250530

Doelgerig

Kan jy voel hoe die einde van die jaar naderkom? Ek kan dit beslis voel, en daardie gevoel laat my gewoonlik weer oor doelwitte nadink — nie net die grootstes soos maratonne en lewensmylpale nie, maar ook die kleiner, standvastiges wat stilweg vorm aan my gee. Soos jy dalk teen dié tyd al agtergekom het, skryf ek hierdie nuusbriewe gewoonlik oor die een ding wat die meeste vir my uitgestaan het in die afgelope twee weke, en hierdie keer was dit ’n oomblik wat my herinner het hoekom doelwitte só baie saak maak. ...

04 November 2025 · 3 min · 508 woorde · Mart-Mari
113_TLPhoto20250530

Wanneer Alles Belangrik Is

Skaars voet by die deur in nou die dag, hoor ek hoe my man en jongste seun besig is om te gesels. Hulle was besig om ‘n rekenaarspeletjie te bespreek, toe ek hierdie sin — natuurlik heeltemal uit konteks uit — vang: _“Wanneer alles belangrik is, dan is niks belangrik nie.” _ Nogal ‘n openbaring en ‘n half vir ‘n dertien-jarige, het ek gedink. Maar, hierdie is dieselfde kind wat ‘n paar jaar gelede, die “We’re proudly cashless”-bordjie by ‘n vakansieoord intens bestudeer het en toe gevra het: “Is dit nou een of ander manier vir hulle om te sê dat hulle arm is?” Ek het dus al geleer om sulke helder oomblikke van hom te verwag. ...

21 Oktober 2025 · 2 min · 394 woorde · Mart-Mari
110_TLPhoto20250530

Om vir ’n “Kwêk! Kwêk!” te vra

So nou en dan tref ek ’n muur. Dit voel asof ek al alles probeer het, die probleem van elke moontlike hoek af benader het, en asof net mooi niks werk nie. Die probleem voor my voel swaar en onoplosbaar — ek brand vas. Teen dié tyd het ek geleer dat die uitweg nie altyd is om harder te probeer nie. Soms is dit eerder om te praat. Hardop te praat. ...

07 Oktober 2025 · 3 min · 462 woorde · Mart-Mari
120_TLPhoto20250530

Die Persoon Wie Jy Nog Nie Ontmoet Het Nie

Gewoonlik twee keer ’n jaar bied MCM ’n couch-to-5k-program aan. Die idee is eenvoudig, maar bemagtigend: kry iemand van die bank af en aan die hardloop, hopelik so ver as 5 km, in agt weke. Die laaste program vir vanjaar het onlangs afgeskop en die van ons teenwoordig by ons weeklikse baansessie het van die nuwe mense ontmoet op hulle eerste Saterdag van die program. Daardie oggend was een van die vrouens vroeg daar. Sy wou nie alleen loop nie; ek het toe aangebied om saam met haar te stap. Aanvanklik het ek te vinnig geloop, maar ek kon darem redelik vinnig by haar pas inval. Ek het al vergeet hoe dit is om nuut te wees! ...

23 September 2025 · 3 min · 481 woorde · Mart-Mari
109_TLPhoto20250530

Wanneer Jy Jouself Mis

Een van my gunsteling dinge om te sê, is: “Onthou, jy kies dit wat jy nie verander nie.” Ek sê dit dikwels wanneer ek iemand hoor kla oor ’n veranderbare situasie, maar niks daaraan doen nie. En ek herinner myself daaraan wanneer ek vasgevang voel in ’n frustrerende, aanhoudende situasie. Dis ’n bitter sin om aan te kou. Elke keer wanneer ek daaraan dink, kan ek sommer die “Maar, maar, maar…” in my binneste hoor borrel. ...

09 September 2025 · 3 min · 469 woorde · Mart-Mari
103_TLPhoto20250530

Ruimte in 'n Morsige Middel

Verlede week, terwyl ek in die kar gewag het vir my kinders, het my man vir my ’n boodskap gestuur: “ Ek wil weer gaan kyk na ’n ander kar vanmiddag.” (Ons is opsoek na ’n tweedehandse voertuig om syne te vervang, en dalk een wat ons oudste ook sal kan gebruik terwyl hy leer bestuur.) Ek het daardie dag nie baie lekker gevoel nie, en het teruggeantwoord, “ Ek wou bietjie gaan lê het wanneer ek net nou terug is by die huis.” ...

26 Augustus 2025 · 3 min · 522 woorde · Mart-Mari
My Afrikaanse Nuusbrief

My Afrikaanse Nuusbrief

Dit lê al ’n geruime tyd op my hart om meer in Afrikaans te skryf. Ek weet net nie regtig hoe om dit aan te pak nie. Ek wil nie my Engelse lesers vervreem of verloor nie, maar ek weet ook nie of ek kans sien om twee stukke elke keer te doen nie. By die Afrikaans 100-konsert by Hoërskool Randburg het ek weer besef hoe belangrik dit eintlik is. As ek nie self in Afrikaans skryf nie, gaan my kinders waarskynlik ook nie, en dan waarskynlik hul kinders ook nie… en so gaan dit voort. ...

21 Augustus 2025 · 1 min · 141 woorde · Mart-Mari
Days to go

Die lewe is vir die wat lewe

Ek het nou al ’n paar mense na aan my verloor. Iets wat my nog altyd opgeval het wanneer iemand doodgaan is hoe vreemd die tyd raak. Dis asof jy in jou eie borrel vasgevang is terwyl die res van die wêreld steeds voort skarrel, selfs al voel jy soms die drang om te skree: “Hoor hier, mense, staan net vir eers ’n rukkie stil terwyl ek myself probeer uitpluis.” ...

20 Februarie 2024 · 3 min · 432 woorde · Mart-Mari